• FACEBOOK LOGO
  • TWITTER ICON
  • INSTA LOGO

 ABOUT 

I'm Pietman. I'm a musician, songwriter, comedian, actor, Scottish persona, husband and entertainer, They also call me Pietman die Skot. They also call me

Peter Mitchell.

Pietman Geldenhuys is gebore in Prince Alfred's Hamlet in die Boland. Van kleins af stel hy
belang in musiek en vermaak.

Hy het op 6-jarige ouderdom vir die eerste keer as solis in die kerk gesing. Na hy sy Hoërskool opleiding voltooi het aan Boland Landbou, het hy Engeland gaan verken vir bykans 3 en 'n half jaar.

Daar het hy onder andere as trekkerdrywer,
verkoopsman, kelner, en straatmusikant sy brood verdien. Nadat hy op juis so straathoek raakgesien is deur 'n plaaslike musikant, wat hom toe genooi het om saam met hom op te tree, het hy begin floreer as musikant in sy eie reg. Hy het vir byna 'n jaar en 'n half voltyds in kroeë, restaurante en al wat watergat is opgetree regoor Engeland.

‚Äč

Toe sy visum uiteindelik verval en hy moes terugkeer huistoe, het hy sy passie verder kom uitleef deur aan City Varsity te studeer as omroeper en akteur vir beide televisie en die verhoog.